On Sunday evening Willie Koorts had a fascinating half hour interview with Pierre De Villiers, outlining his part in the establishment of the Hermanus Astronomy Centre and many of its interesting and unique projects and outreach activities over the years.
Click here to listen to the podcast: Sterre en Planete Podcast
Also, here is a transcript of the audio track: –
Sterre en Planete 21 September 2025
Transcript
[Willie Koorts]
Goeienaand weer by Sterre en Planete, my naam is Willie Koorts. Ons verrassingsgas vanaand is al die pad uit Hermanus uit, daar word nogal heelwat sterrekunde gepleeg daarso, en ons praat met Dr. Pierre de Villiers.
Goeienaand Pierre.
[Pierre De Villiers]
Goeienaand Willie en goeienaand aan die luisteraars.
[Willie Koorts]
Lekker om jou hierso te hê, ek het al baie jou naam gesien, in die Suid Afrikaanse Sterrekundevereniging, was jy op ‘n kol die president gewees en ons het al heelwat gesels destyds oor sonnewysers en so, maar kom ons gaan haal om gou by die begin. Jou grootwoordjare, studies, en hoe het jy op Hermanus beland asseblief?
[Pierre De Villiers]
Baie, baie kortliks, ek is gebore op Lethulie op ‘n plaas in die Suid-Vrystaat. Ek het ‘n baie beskermde skoolloopbaan gehad, goeie skool, en toe na my gimnasiumjaar, leergimnasium, het ek Militêre Akademie toe gegaan vir B. Mil BSc studies, daarna honneurs op Stellenbosch, en van 1970 was ek aangestel as dosent in Fisika by die Militêre Akademie, vir nege jaar, wat ek verskriklik baie geniet het. Toe het ek, via een van my student wat by UKOR gewerk het, het ek ‘n aanbod by hulle gekry en ek was na Pelindaba toe, wel, daar gaan werk by UKOR, en in Schoemansville gebly. 18 jaar lank daar, baie uitdagend, baie bevredigend en baie geniet, maar toe wou ek my eie besigheid begin en ek en my vennoot het toe ‘n besigheid in Hermanus gekoop, want ek wou in elk geval hierso kom aftree.
So in 1997 het ons toe Hermanus toe gekom, en ek is nooit spyt oor daardie beweging nie.
[Willie Koorts]
So sê gou vir my die Militêre Akademie, dit is by Saldanha nie waar nie?
[Pierre De Villiers]
Dit is by Saldanha.
[Willie Koorts]
En UKOR staan vir?
[Pierre De Villiers]
Uraanverrykingskorporasie van Suid-Afrika hulle het die uraan verryk, en dit is later almal saamgesmelt met die RAK, die ou raad op atoomkrag, om die Atoomenergiekorporasie van Suid-Afrika te vorm. Die huidige naam daarvan is NECSA, Nuclear Energy Corporation of South Africa.
[Willie Koorts]
Okay, so hoe het jy toe in die sterrekunde beland?
[Pierre De Villiers]
Ek het altyd beplan om as ek aftree, sterrekunde te beoefen, as ‘n tydbedryf, stokperdjie, en op my 60ste verjaardag het my vrou vir my, my eerste teleskoop gekoop, ‘n 8-duim Skywatcher Dobsonian, wat baie gebruik word, en hy is een van die bekendste teleskope in Hermanus. Jy ken die stelling dat die beste teleskoop is die een wat jy die meeste gebruik!
[Willie Koorts]
Ja nee, daai is baie waar. Ek het al gehoor van mense wat een redelik eenvoudige teleskoop is, sy eerste teleskoop was, en later toe nou ‘n super-duper teleskoop gekoop, en die ding verg bietjie meer moeite om uit die garage uit te kry, om op te stel, en wat ook al, en die ou kleintjie wat jy sommer net uitdra en buite neersit en begin werk. So ja, daai is ‘n baie goeie stelling.
Ja, so ons praat baie van ASSA op hierdie program, en jy het seker al gehoor, is Astronomical Society of Southern Africa. ASSA werk natuurlik so dat dat hy het ‘n nasionale liggaam, dan is daar sentrums, centres noem hulle dit, waar daar nou in al die hoofstede gewoonlik, Kaap, Johannesburg, Pretoria, ensovoorts, en toe later is daar ‘n sentrum gestig in Hermanus, en as ek dit nie mis het nie, is dit nog in jou tyd, of jy was een van die stigtingslede, nie waar nie?
[Pierre De Villiers]
Ja, dis korrek, dit is ‘n baie interessante storie hoe die Hermanus Sterrekunde Club of Sterrekunde Sentrum ontstaan het. John Saunders was ‘n Brit wat baie entoesiasties was oor sterrekunde, hy het kom aftree in Hermanus, en hy het toe aangesluit by die Kaap sentrum. Maar die twee keer per maand Kaap toe te ry vir hulle vergaderings het hom bietjie gevang, en toe het Tony Jones destyds vir hom gesê, “but why don’t you form an astronomy club in Hermanus?” En hy kon hom die naam gee van Steve Kleyn, hy was een van die oorspronklike eienaars van die Sederberg Sterrewag, en het geweet van iemand anders, en John het toe gesoek vir die mense in Hermanus die twee gekry, en toe het hy ‘n klein advertensie geplaas in die Hermanus Times, om te hoor wie stel belang in die stigting van die Sterrekunde Club.
Ek het gereageer, en toe het ons ‘n komitee gehad, ons het weer adverteer in die koerant, en in Desember 2007, my eerste ope vergadering by die gholfklub gehad, en in Januarie 2008, is die klub formeel gestig met grondwet en ‘n komitee en die hele lot. Dit is eindelik te danke aan een persoon se passie, dat die klub ontstaan het. Ek dink op die maksimum het ons 110 lede gehad, ons is nou minder omtrent die helfte daarvan, maar die klub is van die begin af baie aktief.
Ons het gereeld, maandelikse vergaderings gehad, en toe het ons begin uitbrei. Ek dink in 2009, is die beginsel van spesialis belangstellingsgroepe aanvaar, so daar was ‘n kosmologie belangstellingsgroep, wat afsonderlik vergader het van die maandelikse vergadering, daar was ‘n astrofotografie groep, wat afsonderlik vergader het, en dan, glo dit as jy wil, was daar ‘n relativiteit groep. So daar was baie intellektuele aktiviteit, dit het goed gegaan. Ons het benewens die maandvergaderings, gereeld Sidewalk Astronomy gedoen, by Gearings Point op verskillende plekke, die publiek deur teleskope laat kyk, en ek onthou nog, dat Marius in sy gesprek met jou, het hy iets baie waars gesê, die ervaring, as ‘n 5 of 6 jarige kind, op sy of haar pa se skoot, sit en die maan deur ‘n oogstuk sien, en jy hoor daai, Wow!, of as jy eerste keer Jupiter se maane sien, of Saturnus se ringe, dit is baie, baie bevredigend en lekker. Toe het ons betrokke begin raak by opvoedkundige uitreik, ek wou amper sê, deur die toedoen van Wendy Colyn, sy was die distriksbestuurder van die Overberg, vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, en sy wou hê, ons moet belangstelling in sterrekunde, spesifiek, maar wetenskap in die algemeen, by skole en die townships stimuleer. So ons het ‘n jeugklub, a youth astronomy and space science club, in samewerking met SANSA gestig al die vergaderings daar gehou, maar dis harde werk, dis baie moeiliker om vir ‘n graad 7 kind sinvolle lesing te gee, as vir ‘n volwassene.
Ek dink jy het al ervaar. Ons het toere gereël vir hulle, Kaapstad wat baie gewild was, tipies afhangend van wat die kinders se voorkeur was, die wetenskap sentrum, en dan die noon kanon, 12 uur op Seinheuwel. Kinders het baie daarvan gehou, en dan die planetarium, ons moes kies die gepaste programme, en dan afgesluit met ‘n kort besoek aan die sterrewag. Wat ek dink meer belangrik was vir opvoedkundige uitreik, ons het saam beplan, as sy die uitnodigings uitstuur, Wendy, vir werkswinkels, vir spesifiek onderwysers, opvoeders, en dan maksimum van vier kinders per skool, met die doel dat die werkswinkel, wat ons gedemonstreer het vir vier of vyf skole, moet dan herhaal word by die skool.
Tipiese kurrikulêre onderwerpe, soos die sonnestelsel, seisoene, en ek het ‘n voorliefde vir sonnewysers, so dit was ook deel daarvan ons, die kinders ook gehelp om analematiese sonnewysers vir die eie skool te ontwerp en uit te merk. Dit was baie suksesvol, maar na Wendy afgetree, het, het daardie inisiatief momentum verloor. Ongelukkig. Maar die gedagte daaragter is, jy kan as individu dalk by honderd kinders belangstelling kweek, as jy ‘n entoesiastiese onderwyser het, kan hy of sy, oor die 10 tot 20 jaar van sy loopbaan, kan hy belangstelling by twee ordes meer leerders kweek, so dit was die motivering daarvan, ek dink dit redelik goed gewerk.
[Willie Koorts]
Sjoe, ja nee, dit is wonderlik.
Ja, hierdie analematiese sonnewysers is ook vir my nogal interessant gewees. Dit is ook ‘n lang storie, maar dit is ook so half, noem nou maar monumentjie vir my, by beide Sutherland en die Kaap, het ons ook ‘n projektjie geloods waar ek daar ook een van hulle laat aanlê daar, so. Ons gaan nou nou praat oor Gearing Point, maar nou die dag daar gaan rondloop weer en toe sien ek ook die sonnewysers en daar is ook een van hulle.
Verduidelik gou vir die luisteraars, hoe werk so ‘n sonnewyser, hierdie analematiese sonnewyser?
[Pierre De Villiers]
‘n Analematiese sonnewyser is een waar jy die skadustok of gnomon of stilus moet deur die loop van die jaar aanpas om te korrigeer vir die beweging van die son. Daar is ‘n app, jy sit net die lengte en breedte graad van jou spesifieke plek in en hy gee dit vir jou van finaal, maar voor ek die app ontdek het, het ek die Excel werkboek gemaak, wat presies dieselfde doen, maar nou bietjie meer kompleks. Wat ons doen, en ons gaan het om die waarheid te sê, volgende week weer doen by Lukhanyo, slaan ‘n stok in die plaveisel op die parkeerterrein, tipies by die skool, en eerste pouse so 10 uur, merk van die kinders die punt van die skadustok en trek dan met ‘n tou en kryt, ‘n halfsirkel rondom dit, en in die middag tipies omtrent, drie uur se kant in Hermanus, so as die son opkom en oorbeweeg na die weste, word die skaduwee van die stok kort korter en dit beweeg na die ooste toe en dan is die skaduwee net so lank is as die halfsirkel, wat getrek is, merk jy dit, en dan het jy op die terrein, het die son ware oos en wes bepaal, en dan loodreg daarop kryt die noord-suid-lyn, en dan word die koördinate bereken en die uur-lyne op die buitelyne van ‘n elips gemerk, en jy staan dan in Analema, dit is die plat gedrukte figuur 8. Verskillende tye in die jaar en Juniemaand, wanneer die son in die noorde is, moet jy redelik Noord staan, so dat jou skaduwee, jy kan ‘n stok gebruik, jy kan jou arm gebruik, jy kan enigiets gebruik, maar dit moet oor die regte plek wees, dan gee dit vir jou die korrekte tyd aan, sonder enige korreksie vir die tydsvergelyking (equation of time). So die kinders geniet dit baie, en ons gee vir hulle ‘n mooi stok en platform met die gat in, so dat hulle baie akkuraat die tyd kan lees, en as hulle eers agterkom, dat hulle kan dit doen, is dit nogal gewild.
[Willie Koorts]
Ja, so die eerste oefening wat jy nou van gepraat het in die oggend en die middag, die tyd is nou nie so belangrik, die presiese tyd nie, want eindelik wat jy daar doen is, jy stel net ‘n noord-suid-oos-wes lyn op, en dan het jy nou, op ‘n excel, het jy nou, waar elke uur-aanwyser vir enige tyd van die jaar moet wees, en dit sal jy daar nou aanteken, en uitverf, op die parkeerterrein, of waar ook al nie waar?
[Pierre De Villiers]
Ja, trek dit uit met bordkryt, en dan net by die belangrike punte word die klein groefie gehoekskuur, angle grind. En dan kan die kinders kom agterna, moet hulle dit net verf, so dat jy die uur-punte baie duidelik kan sien, die vorm van die ellips kan jy sien, en die belangrike punte is, die analema, of waar jy moet staan. Meeste van die apps gee vir jou ‘n blok korreksie in Maart met die daar staan, maar ons teken ‘n klein analema uit, want dis waar die tydkorreksie eindelik vandaan kom.
[Willie Koorts]
Ja, want dis reg, want ‘n normale sonnewyser, enige eenvoudige sonnewyser, wil ek amper se, moet jy altyd ‘n korreksie toepas, soos jy nou gesê het, waar die equation of time, wat wil dit in Afrikaans wees, die vergelyking van tyd, neem ek aan, wat dan natuurlik ‘n afwyking is, as gevolg van twee redes, nie waar nie, die een is die aarde, sy as is gekantel, en dit gee jou die lengte, die groot deel van die figuur 8, en dan die breedte van die figuur 8 is omdat die aarde se baan om die son nie ‘n volkome sirkel is nie, maar effens ellipties.
[Pierre De Villiers]
Dis korrek.
[Willie Koorts]
Is dit maklik om die apps naam net te kan gee oor die radio?
[Pierre De Villiers]
Ja, vra vir Dokter Google, analematic sundial generator pdf, die kombinasie van woorde sal jou by die app uitbring.
[Willie Koorts]
Ja, so dis wonderlik, soos jy nou sê, so iets hang gewoonlik van een persoon af, en as die persoon nie meer daar is nie, dan val die goed plat, so dit is eindelik wonderlik soos jy sê, om kinders se belangstelling so te gaan prikkel. Ek dink, julle het destyds ook observasies gedoen met byvoorbeeld die Monet teleskoop in Amerika.
[Pierre De Villiers]
Ja, dit was Amanda Sickafoose, wat op daardie stadium ‘n Salt Sterrekundige was, het vir ons toegang gereël tot die Monet Noord Teleskoop. Dit is by die McDonald Sterrewag, Salt se suster sterrewag, 100 kilometer wes van Austin in Texas.
Dit is ‘n 1,8 meter teleskoop, wat nogal ‘n grootte is, en dit is heeltemal meganies beheer, deur skoolleerders. Hulle moes eers die operateurs die opleiding doen, en dan die toets slaag, en dan is hulle losgelaat op die McDonald Teleskoop. As gevolg van die tydsverskil tussen Austin en Suid-Afrika, was die tydsverskil tipies 9 of 10 ure.
Vir die beste tyd om graad 11 en 12 leerders te kry, wat nie betrokke is by sport, was Sondagoggende, en dit is nogal goed gewerk, ongeveer 8 uur pas middernag, by die Monet Noord Teleskoop, so dan was tyd geboek tot sonsopkoms. En dan word die hele teleskoop bedryf deur vier leerders, een van hulle hou die weer dop, om seker te maak dat daar nie reën kom nie, want dit is baie duur toerusting as die koepel oop is. ‘n Ander een is besig om die teleskoop te beheer, bepaal watse lense, watse filters ingesit word, hoe lank die blootstelling.
‘n Ander een was besig om die beelde wat geneem is af te laai, en die vierde een was besig om te kyk na die volgende geskikte teiken. En ons het ‘n paar baie mooi foto’s gekry, uitstekende foto van die krabnewel, of M1, en ons is een keer gelukkig, dat ons agt uur na een supernova se ontploffing, het ons het waar geneem en afgeneem. Dit is ongelooflik, mens hoor altyd dat ‘n supernova is helderder as die galaksie waarvan dit deel is, en dis waar.
Die foto wys die dowwe spiraal galaksie, en dan soort van aan die kant is daar ‘n helder groen van die supernova. So dit was nogal fantasties om dit te sien so kort na dit gebeur het, en die leerders het ook dit al baie geniet. En toe natuurlik die weer wag het, ons weet nog nie waarof het Europese of Amerikaanse leerders was, nie maar iemand het vergeet om die koepel toe te maak toe dit gereën het, en toe was daar baie ernstige skade aan die toerusting, en toe die program hervat, was dit nie meer so hands-on so dat die leerders dit nie meer beheer het nie.
Jy het jou lys van teikens ingestuur, en jy het die foto’s teruggekry, wat nie naastenby so lekker was nie. Daar is die ene by Sutherland, dis Monet Suid, wat ek dink ‘n kloon is van die een by Monet Noord, en mens kan nog steeds toegang daartoe kry op die basis van jy stuur ‘n lys in van watse teikens jy afgeneem wil hê, en dan kry jy die foto’s terug. Maar jy doen dit nie self nie.
[Willie Koorts]
Ja so wat jy nou hier beskryf is eintlik die groot verskil tussen robotiese teleskope en afstandsbeheer teleskope. En die afstandsbeheer is baie lekker soos die eerste een wat jy beskryf het, en roboties is letterlik jy spesifiseer van voorwerpe in, en jy wanneer die telescope daaraan uitkom, kry jy e-pos en sê hier is jou voorwerpe. Interessant.
Jy het nog gesê van foto’s en so, kon julle ook metings doen, filters gebruik, en so aan ook met die kinders?
[Pierre De Villiers]
Nee, nie eintlik nie. Twee interessante gevalle, ons wou die baie bekende Perdekop newel afneem, Horsehead, maar die teleskoop vergroot so baie, ons kon net ‘n klein stukkietjie van die Perdekop sien, wat nogal ‘n teleurstelling was, en die ander keer het ons ‘n komeet afgeneem, soos hy beweeg het teen die sterre agtergrond, en het toe vir ‘n ruk op Hermanus Astronomy Centre se web gehad, so jy duidelijk kan sien hoe die komeet beweeg deur die agtergrondsterre, wat nogal mooi was.
[Willie Koorts]
Ja, jy praat nou so van die beperkte veld, dit is natuurlik nou maar jou groot probleem met van baie professionele teleskope, en dit is ook ook om, noem het nou maar, hierdie amateur teleskope wat ons vir die publiek gebruik, eindelik beter werk. Ek het nogal die geleentheid gehad om deur die oogstuk van die Monet Suid in Sutherland te kyk, ook een dag, en ook relatief teleurgesteld, want die veld is baie beperk.
So, die voorwerpe waarna jy kyk moet jy eindelik baie goed kies, om dit die moeite werd te maak. Enigiets wat ‘n bietjie groot is, soos jy sê die Perdekop newel byvoorbeeld, is ‘n bietjies te wye veld vir so ‘n teleskoop. En Amanda was mos betrokke by asteroïedes, en sy het vir Hermanus op die hemelkaart gesit.
Vertel ons die storie asb.
[Pierre De Villiers]
Ja, sy het vir David Trilling geken wat by Flagstaff Arizona se Robotiese 1.8 meter teleskoop by Cerro Tololo in Chili opereer, so hy het ‘n klomp asteroïedes ontdek, en volgens die Internasionale Sterrekundige Vereniging IAU se reëls, die ontdekker van ‘n asteroïede kan dit vernoem, en David het toe ingestem dat daardie asteroïede vernoem word na Hermanus. En David het die volgend jaar uitgekom Suid-Afrika toe, en hy het vir ‘n ons baie interessante praatjie gegee. En ek was die verteënwoordiger van die klub op die wykskomitee in Hermanus, en in 2013 was daar ‘n projek, daar was diskresionêre fondse vir elke wyk beskikbaar gestel, en Swallow Park is opgradeer as ‘n Park in Hermanus, en ons het aangebied om twee sonwysers daar op te rig, R30 000 bewillig vir ons, en dit staan nou nog daar. Ons gaan om die waarheid te se die naweek ‘n bietjie instandhoudingswerk daar doen. Die volgende jaar het ons weer ‘n bewilliging, en toe het ons nog twee ander sonwysers by Gearing’s Point opgerig, wat ek nog beskou as van die mooiste sonwysers wat ek gesien het, en waarby ek betrokke was, en toe in 2015 was die laaste van die wykskomitee bewilligings, het ons besluit om ‘n wareskaal sonnestelselmodel op Hermanus se Cliff Path langs dit te bou, dis om 3 866 .133 meter, die landmeter, het
dit baie akkuraat gemeet verniet, het ons die modelle van die son en die planete op skaal vervaardig, en beskerm. Ons het gedink dis vandaal proef,
maar dit het nie so geblyk te wees nie, en dit is ‘n fantastiese poging, SAAO het die planeetmodelle 3D gedruk vir ons, Amanda was op daardie stadium
dink ek was sy hoof van instrumentasie by SAAO,
[Willie Koorts]
Dat is reg, ek onthou van die, ek het die modelle gesien, uitkom daar uit die 3D drukker uit, ja, interessant, yes,
[Pierre De Villiers]
en toe het ons natuurlik ook die Asteroïede Hermanus gehad, en langs die kuspaaitjie is die sertifikaat, wat die Minor Planetary Committee vir mens gee, as jou Asteroïede goedgekeur word, en sy naam, een daarvan hang in die burgemeester se kantoor, en die ander is langs die kuspaatjie. Net interessant, in Suid-Afrika is daar net twee dorpe of stede wat Asteroïede na hulle vernoem het. Die een is Pretoria, wat natuurlik die Unie sterrewag was, en die ander een is Hermanus, net omtrent heeltemaal die ander kant van Suid-Afrika, en as ek reg onthou, is ‘n asteroïede ook na jou vernoem, Willie, uit erkenning vir jou jarelange bydrae, tot sterrekunde.
[Willie Koorts]
Ja, dit was nogal ‘n lekker meevallertjie, ‘n groot verrassing met my aftrede destyds, maar dit is ook maar ‘n geval van op die regte plek, op die regte tyd wees vir die Atlas Teleskoop spesifiek, wat mos nou ook asteroïedes ontdek, en ons het mos nou die koepelgebou reg deur Covid wat toe niemand kon uitvlieg Suid-Afrika toe nie, en ons het die teleskoop geïnstalleer via Zoom, wat ons ook al ‘n keer op die program genoem het, ja, dit was nogal ‘n bietjie groot eer, ja, nee, so, Gearing Point is natuurlik, wat die meeste mense herken, of sal ken, as daar waar die ou hawe, waar jy so afkyk op die ou hawe, en dan ook die walvisse hierdie tyd van die jaar lekker daar van bo af kan besoek. So ja, so as mense weer daar bo kom, kyk bietjie na daardie uitstallings van die sonnewysers, soos jy sê ongelukkig vandale, ek was nou die dag ‘n bietjie daar gaan kyk, toe sien ek, ai, vandale het daar rerig bietjie skade gemaak, en dan as jy daarvanaf vat die Cliff Path, en kyk na hierdie sonnestelsel model, so die afstande tussen die planete is op skaal, presies, en die groottes van die son en die planete is ook op skaal. Wat het julle gebruik vir die son, want die son is al groot op hierdie skaal nie waar nie?
[Pierre De Villiers]
Ja, die son, ons het ‘n vlekvrye staal bal gesweis en dit toegedraai en ek dink ‘n motor panelbeater, die buitenkant daarvan toegemaak, en toe het ‘n vrywillige kunstenaar dit geverf. Sy het gefokus op die kleure eerder as ultraviolet bestandheid, so die son het nou al baie vervaag, en ons gaan om die waarheid te sê, Maandag op die eweningsdag, en wanneer die son terugkom in die suiderlike halfrond, gaan kinders van Lukhanyo, gaan die son skoonmaak en oorverf, weer ‘n slag helder verf. Ek wil net byvoeg, die sonnestelsel model het twee skole betrek, die kleiner planete is geverf deur kinders van Lukhanyo Primary School in Zwelihle, dis nou laer skool kinders, terwyl die gasreuse, meer detail het en die Hawston Ruimtekadette het dit geverf, maar dit was groot pret vir almal, en die 3D modelle was nogal baie mooi.
Maar na omtrent 3 of 4 jaar het vandalisme sy kop begin uitsteek en Neptunus, Uranus en Jupiter, wat in soort van afgeleë gebiede op die kuspaaitjie is, was onweerstaanbare trofeeë, Neptunus is 4 keer gesteel, Jupiter 3 keer en Uranus 3 keer. So ons het besluit ons vervang die 3-dimensionele modelle langs die kuspaaitjie met net foto’s daarvan. En toe het ons weer die volledige 3D modelle laat maak en die SAAO het weer die planete ge-3D druk. Nick Erasmus het dit toe gereël en die
kinders het toe weer die planete geverf, en daar is nou ‘n baie mooi uitstalling van hierdie planete, relatiewe grootte, nie relatiewe afstand nie, binne in die Hermanus toerisme kantoor. So, as iemand in Hermanus is kan gerus ‘n draai daar gaan maak. Ek dink dis nogal ‘n baie treffende uitstalling en is mooi om die 3D geverfde planete te sien op regte grootte of relatiewe skaal.
[Willie Koorts]
Ja en daar by Gearing Point is daar nog ‘n uitstalling, ‘n opvoedkundige uitstalling, wat het ek nou die dag opgelet?
[Pierre De Villiers]
Ja, dat is ook ‘n interessante storie. Ek het gesê die klub is gestig in Januarie 2008. In Mei 2008 het Steve Kleyn, een van die stigterslede, het toe ‘n teleskoop wat hy gemaak het, hy was ‘n amateur teleskoopmaker, met ’n 13.1 duim spiel, het hy vir die klub geskenk. Nou dit is so ‘n groot teleskoop mens kan dit nie net vir die nag uithaal nie, dit moet permanent gemonteer word en ons wou toe sterrewag bou. Ons die geld gaan nie, toe het ons aansoek gedoen by die lotteryraad. Dis ‘n
verskriklike storie, John Saunders was toe nog voorsitter en hy het hulle gereeld gekontak en geen terugvoer gekry nie. En toe in 2014 toe kry ek, ek het toe nog vir John opgevolg as voorsitter van die Hermanus Club, kry ek ‘n oproep van die Lotto, “What is your project number?”, en ek het nie ‘n clue waarvan hy praat nie. Ek het bestuur op daardie stadium en ek het onmiddellik stilgehou en alles neergeskryf wat hy vir my kon sê. Hy wil net weet “What is your project number and did you get the contract?” Toe het hulle, die Lotto het dit goedgekeur, en hulle het die kontrak wat geteken moes word, het hulle per geregistreerde pos verstuur, na John Saunders. Maar ek het gesê hy is ‘n Brit, so in ons winter het hulle Engeland toe vertrek, en elke keer wat die kontrak by sy huis afgelewer is, was hy nie daar nie. Toe het hulle nou vir my opgespoor, en ons het die kontrak gekry en geteken, en saam met dit was die bewilliging van net onder 1.2 miljoen Rand. Toe was dit nou goedkeuring gekry van die munisipaliteit en ons het drie keer verander van plan. Die fondse wat tot ons beskikking was, dit was toe verminder na, as gevolg van vertragings, na driekwart miljoen, en uiteindelik is toe besluit om dit die opvoed kundige uitstalling in Gearings Point aan te bring. Dit is die plek, soos jy sê, waar die meeste toeriste voete in Hermanus kry en dis nogal die moeite werd om te gaan kyk daarna. Dit was 35 tablette, dis 2 helftes, die een is teoreties, dit neem jy op reis van die aarde by die maan, die son, ons galaksie, en dan die lokale groep van galaksies tot heeltemaal die samestelling van die heelal en die sogenaamde pie chart van baryonic matter, dark matter en dark energy. So dis nou teoreties, en dan aan die ander helfte van die uitstalling is meer praktiese goed, hoe werk mens se oog, watse fantastiese observasiemiddel die oog is, en dan verkykers en teleskope, met wenke oor hoe om te observeer, wat sterrekaarte, en dis interessant om te sien, hoeveel die noordelike halfrond, baie van die toeriste wat onder andere walvis kom kyk kom van die noordelike halfrond, en hulle ken natuurlik nie die suidelike halfrond konstellasies nie, om hoe hulle foto’s neem daarvan en dan ook wenke, om suksesvolle observasiesessies te doen, en selfs om astrofoto’s te neem.
[Willie Koorts]
so, ja nee, ek het nogal gesien daar, die uitstalling is klomp inligting, en dis nogal oulik, as jy weer daar kom, kyk na die goed waarin jy belang stel, en neem ‘n foto daarvan op jou selfoon, en dan kan jy dit lekker by jou huis gaan verteer, baie lekker inligting sjoe, ja, baie dankie. Ons het gesels met dokter Pierre de Villiers van Hermanus, soos julle kan hoor, is daar meer as net walvisse en taproetes langs die see by Hermanus, baie dankie Pierre, dit was heerlik om te gesels het.
[Pierre De Villiers]
Dit was ‘n plesier Willie, en kan ek net byvoeg as mense belang stel, kan hulle ook kyk na die Hermanus sterrekunde sentrum, se webwerf, Hermanus Astronomy.
[Willie Koorts]
Ja, so Hermanus Astronomy, Google dit net, ek het juis hier vroer in die week, het ek ‘n praatjie van hulle bygewoon, hulle is baie maal aanlyn, ek dink meeste is aanlyn, so dit is altyd baie lekker, om sommer hulle praatjies ook te kan bywoon. Nou ja, die e-posadres van Sterre en Planete is sterreplanete by gmail.com , op facebook kry julle ons by Hennie Maas se Ruimtespan, onthou net daar is 3 toelatingsvrae wat beantwoord word. Julle weet ook van ons WhatsApp kanaal wat lekker groei, vra net vir enige een of stuur ‘n epos na sterreplanete@gmail.com as julle wil aansluit by ons. Nou ja, tot ‘n volgende keer, wanneer ons weer die ontdekkingsreis deur die hemelruim voortsit.
I intend to do an English translation – send me an email is you would like a copy.